Boek: Die dooies praat nie

Peet Venter 

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Hy het seker nie meer as ’n uur met haar te doen gehad het nie. Toe gebeur dit: Geweld kom na hom toe. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak? Die dokument vra die jeug om by die “final struggle” aan te sluit en hulself só te bevry en te bemagtig. Daar word van opstand en gewapende mobilisasie gepraat, ’n tweede Marikana.

Hy kan seker onbetrokke bly wat die dokument betref, maar nie wat Nandia betref nie. Dit gaan oor verantwoordelikheid: Hy moes haar beskerm het. By Petro wil hy weer veels te graag betrokke raak. Waar trek hy die streep? Want Thys weet waarop dinge uitloop wanneer hy betrokke raak… Mense kry seer en gaan dood.

Die dooies praat nie is die sesde titel in die Thys Krige-reeks waarin grondonteiening ʼn prominente tema is.

Oor die skrywer

Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 deur Nasionale Pers uitgegee. Daarop volg ʼn verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale en ʼn aantal kortverhale in verskeie bundels wat by LAPA Uitgewers verskyn het. ʼn Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter is aan ʼn raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.

Prys: R270,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.