Boek: ‘Die duisend en eerste nag’ – Francois Bloemhof

François Bloemhof

1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.

Wanneer Herman Swart se tweelingsuster, Herma, onverwags sterf, val ʼn deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek hom in ʼn wêreld van ou rolprente. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ʼn Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in ʼn diep koma.

Hy bevind hom binne-in ʼn avontuur, ʼn nagmerrie, ʼn wêreld waarin droom, fantasie, flieks, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ʼn meisie wat baie aan Herma herinner.

François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre baanbrekers gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.