Boek: Die eerste Afrikaanse kriptiese blokraaiboek

Wil jy verder as sinonieme en glanspersoonlikhede dink vir jou blokraaisels? Sien jy kans om jou laterale denke te laat gedy? Die wonderlike woordwêreld van kriptiese blokraaisels wag.

’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind.

Die eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiselboek bevat dertig nuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel. Kan jy dié breinbreker oplos sonder om die oplossings te raadpleeg?

Sterkte vir die reis, en onthou: ’n Toeristeskip sonder soetgoed, is duister ten opsigte van betekenis:

TOERISTESKIP met die letters S O E T verwyder = RITESKIP, skommel dan die letters en jy kry: KRIPTIES. Kripties = duister ten opsigte van betekenis.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R180,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae