Boek: Die eier

die-eier-Dick Bruna

‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees.

Al die diere op die plaas wonder aan wie die geheimsinnige eier behoort. Skielik kraak die eier, en wat kom daaruit? ‘n Oulike, klein geel eendjie! Al die diere werk saam om vir die eendjie kos bymekaar te maak.

Oor die outeur

Dick Bruna is ‘n Nederlandse skrywer, kunstenaar, illustreerder en grafiese ontwerper. Hy is die bekendste vir sy kinderboeke wat hy geskryf en geïllustreer het. Hy het al meer as 200 boekies agter sy naam. Sy boeke is verskriklik bekend en gewild in Nederland.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae