[Boek] Die einde van die storie

Die-einde-van-die-storie-Santie van der Merwe

“Ek het jou nie meer lief nie.” Uiteindelik kry Lizzie dit gesê ná ’n huwelik van agt en twintig jaar. Nie oor ’n ander man nie, nie oor hy lelik is met haar nie, net oor daar niks meer tussen hulle is nie. Dis asof sy en Marthinus alles weet van huise bou – hy regte huise en sy pophuise – maar hulle eens dierbare huis het sonder ’n enkele slag inmekaargestort.

Dat dit haar man nie skok nie maar hom hoogstens in ’n besonder slegte bui kry, is nog erger. Marthinus praat mos nie, nie oor sulke goed nie. En Lizzie weet sy is nie die mooiste vrou wat hy ken nie, onder andere omdat sy nie juis sukses gehad het met al die diëte wat sy al probeer het nie.

Haar aankondiging laat nie almal sonder woorde nie. Hulle enigste kind begin haar soos ’n irriterende vreemdeling behandel. Ja, en dan is daar Lizzie se eienaardige naweek in die Bosveld tussen nog eienaardiger mense … Sy kan sterf van skaamte.

Bied so iets vir ’n man stof tot nadenke? Met Marthinus sal mens nooit weet nie.

Oor die outeur

Santie van der Merwe se skryfwerk word gekenmerk deur deurleefdheid en fyn humor. Sy word geloof daarvoor dat haar werk van deernis met die mensdom spreek, gestroop van oordadige beeldspraak of hogere taalgebruik.

Die einde van die storie is Santie se vyfde roman. Sy het ook al tydskrifverhale geskryf en in 2017 word haar kortverhaal, “Pers”, opgeneem in die US Woordfees se kortverhaalbundel, Wys.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R240.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.