Boek: Die eindelose storie

Michael Ende

Bastian Balthasar Bux ontdek in ʼn boekwinkel ’n geheimsinnige boek: Die eindelose storie. Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture van die helde Atréju en sy gevaarlike opdrag: om die ryk van Fantasieë en sy heerser die kinderlike keiserin te red.

Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red. Kan Bastian die grens tussen realiteit en sy verbeelding oorkom om Fantasieë te red? En hoe verlaat mens ʼn ryk wat geen grense het nie?

Oor die outeur

Michael Ende (1929–1995) tel vandag tot een van die bekendste en veelsydigste Duitse skrywers. Naas kinder- en jeugboeke skryf hy poëtiese prenteboeke, boeke vir volwassenes, teaterstukke en gedigte. Baie van sy boeke is verfilm of vir radio of televisie bewerk.

Oor die illustreerder

Roswitha Quadflieg, gebore in 1949, het skilderkuns, illustrasie en tipografie studeer. Sy is ʼn bekende skrywer in Duitsland en voormalige boekkunstenaar en -ontwerper.

Oor die vertaler

Gunther Pakendorf is in 1944 op ʼn sendingstasie by Middelburg, Transvaal gebore. Hy het wye navorsings-belangstellings en publikasies oor verskeie temas, onder andere klassieke Duitse letterkunde, die Modernisme, die eietydse Duitse roman, literêre tekste rondom die Holocaust, koloniale letterkunde en die geskrifte van die Duitse sendelinge in Suid-Afrika.

Hy het verder ʼn besondere belangstelling in die Afrikaanse letterkunde, veral in vergelykende aspekte van Duits en Afrikaans en literêre vertalings. Hy het einde 2009 afgetree en is tans Professor Emeritus by die Universiteit van Kaapstad asook Buitengewone Professor in die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit Stellenbosch.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R285,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E.K. die eerste ·

Maroela? Laaste sin in “Oor die illustreerder” blyk onvoltooid te wees? Maak nie sin!

Tania Heyns ·

Dagsê E.K die eerste

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Sebastiaan ·

Dit is wel ‘n fassinerende boek, maar vreemd dat so ‘n ou boek van die vroeë 1980’s, nou eers vertaal word.

brens ·

Nou is dit nie absoluut fantasties dat Protea boekhuis nou dit gedoen het nie?? kudos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.