Boek: ‘Die geheim van die bloedsteen’

Antoinette Venter

Zenno, ʼn gewone seun van Benoni, beland een middag ná skool in sy professor-oom se kantoor in ʼn tydgleuf wat hom na Pompeji in die antieke Romeinse Ryk neem. Hier dreig die Alveoli-draak om by die vulkaan Vesuvius uit te breek en die hele stad te verwoes en Zenno hoor dat hy ʼn afstammeling van Vulcanus, die Romeinse god van vuur, is. Om Pompeji van algehele verwoesting te red moet Zenno saam met die kinders van ander Romeinse gode, Minerva, die godin van wysheid, Mars, die god van oorlog, en Venus, die godin van liefde, werk.

Die geheim van die bloedsteen is die eerste boek in die Kinders van die gode-reeks.

Oor die skrywer

Antoinette Venter woon saam met haar man, skoonma en vierpotige kinders in die vriendelike kusdorp Jeffreysbaai. Stories fassineer haar van kindsbeen af. Dit verskaf haar groot vreugde om dit te lees én uit te dink. Met Die geheim van die bloedsteen maak Venter haar debuut as kinderboekskrywer.

Oor die illustreerder

Theodore Key is ’n vryskut-illustreerder van Kaapstad. Hy het ʼn graad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal en doen illustrasies vir kinderboeke, advertensieveldtogte, tydskrifte en koerante. Wanneer hy nie besig is om te teken nie, swem hy in die see, lees boeke oor diere en geskiedenis of speel met sy kat.

Prys: R160,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.