Boek: Die geheim van die woud

Beatriz Martín Vidal

In Die geheim van die woud lees ʼn ma vir haar kinders, Amelie en Roland, elke aand dieselfde storie. Sy vertel van die twee konyntjies, Oortjies en Tongetjie, en ʼn woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie.

Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook ʼn wolf. Sy is egter blind en bekommerd dat sy nie na haar welpies sal kan omsien wanneer hulle gebore word nie. Soos die ma die verhaal vertel, word die twee kinders as’t ware Oortjies en Tongetjie en verander die kamer in die magiese woud.

Die metafoor van die herstel van die verbond tussen mens en dier word op subtiele en verbeeldingryke manier daardeur verken.

Die geheim van die woud is nie ʼn verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar ʼn verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswêreld van ʼn kind en die herstel van die ewewig van die natuur.

Oor die outeur

Beatriz Martín Vidal is ʼn Spaanse surrealistiese illustreerder en kunstenaar. Sy het al verskeie kinderboeke geskep.

Oor die illustreerder

Gustavo Martín Garzo is ʼn bekende Spaanse skrywer van romans, essays en kinderboeke. Hy het filosofie en letterkunde studeer en is die stigter van die literêre tydskrifte Un ángel más en El signo del gorrión. Hy skryf gereeld vir die koerant El pais. Vir sy literêre werk het hy al verskeie pryse ingepalm, onder meer die National Fiction Prize 1994, die National Children’s Literature Award en die Castilla y León Prize for Literature.

Oor die vertaler

Nicol Stassen doen al meer as ʼn dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ʼn BA-graad in tale, ʼn meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ʼn doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andrea ·

Klink na n fantastiese boek en storie. Met wat mens nodig het om jou kinders mee groot te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.