Boek: Die geïllustreerde Bybelhandboek

https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2014/12/DieGeillustreerdeBybelHandboek.jpgJ. Daniel Hays en J. Scott Duvall

Die wêreld van die Bybel lyk dikwels vir moderne lesers vaag en vreemd. Die geïllustreerde Bybel-handboek bied aan lesers ’n volledige prentjie van die leefwêreld van die Bybel. Dit gee nie net feite nie, maar ontsluit ’n lewendige wêreld vol konteks, geskiedenis en interessanthede.

Een manier om die Bybel te ontdek is om die antieke wêreld te bestudeer – sy kulture, gebruike en geskiedenis. Die geïllustreerde Bybelhandboek is ’n waardevolle gids wat lesers sal help om die Bybel en die wêreld waarin dit geskryf is beter te verstaan.

Die geïllustreerde Bybelhandboek bied die nuutste Bybelnavorsing in ’n formaat wat maklik lees-baar en verstaanbaar is. Die Bybel word boek vir boek ontsluit met honderde volkleur-illustrasies, kaarte en foto’s. Daar is meer as 100 indiepte-artikels oor ’n verskeidenheid Bybelse onderwerpe. Lesers sal ontdek hoe elke deel van die Bybel by die res van die Bybel inpas en dit toelig.

Geen naslaan-rak sal volledig wees sonder hierdie handboek vir die Bybel nie.

Oor die outeurs:

J. Daniel Hays (PhD, Southwestern Baptist Theological Seminary) is die dekaan van die Pruet School of Christian Studies en dosent in Bybelkunde aan die Ouachita Baptist University, Arkadelphia, Arkansas. Hy is die skrywer of medeskrywer van talle artikels en boeke.

J. Scott Duvall (PhD, Southwestern Baptist Theological Seminary) is voorsitter van die Departement Bybelkunde en J.C. & Mae Fuller-dosent in Bybelkunde aan die Ouachita Baptist University, Arkadelphia, Arkansas. Hy is ook medeleraar van die Fellowship Church, Arkadelphia, Arkansas. Hy is die skrywer of medeskrywer van talle artikels en boeke.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R499.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.