Boek: ‘Die gladde stiltes in glas’ – Louis Esterhuizen

Louis Esterhuizen

Digter en resensent Nini Bennet het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê:

“Hierdie bundel betrek glas as uitgebreide metafoor in al sy betekenisassosiasies, byvoorbeeld, lig, water, klip, rots, sterre, prismas, kristal, ensovoort. Glas is sterk, dog broos en breekbaar. Verse oor die natuur, die liefde en die aard of besinnings oor poësie as ambag – oftewel Ars poëtikale poësie – vind hul beslag … dit is duidelik dat ’n ervare digtershand hier werksaam is en dat die manuskrip konseptueel, sowel as in die fynere detail, deurdag en afgerond is.”

Oor die skrywer

Louis Esterhuizen is ’n geliefde en gerespekteerde digter. Sy oeuvre bestaan uit tien bundels en heelwat van sy verse is opgeneem in gesaghebbende versamelpublikasies. Hy is sedert 2017 teksredakteur en manuskripontwikkelaar nadat hy vir jare werksaam was as boekhandelaar by Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Saam met sy vrou, die digter Marlise Joubert, is hy medepionier en stigterslid van die webblad, Versindaba. Esterhuizen is in 2011 bekroon met die Protea Poësieprys vir Wat die water onthou. Die gladde stiltes in glas sal die digter se elfde digbundel wees.

Prys: R195,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.