Boek: Die Goorgomgaai (15de verjaarsdaguitgawe)

die goorgomgaai

Julia Donaldson en Axel Scheffler (illustreerder)

Veels geluk met jou verjaardag, Goorgomgaai!

Vier vyftien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe. Die Goorgomgaai, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is ’n ware moderne treffer, ’n gunsteling onder miljoene kinders oor die wêreld heen.

Lees meer omtrent die skepping van hul topverkoperboek, in Julia en Axel se eie woorde, en sien ’n paar vroeë tekeninge uit die illustreerder se sketsboek – onder andere die Goorgomgaai soos jy hom nog nooit tevore gesien het nie!

Die boek is ‘n gunsteling in Afrikaans en ‘n topverkoper sedert die eerste uitgawe in 1999. Die Goorgomgaai vier sy 15de verjaardag in 2014!

Ideaal vir kinders en jong lesers 2 – 10 jaar oud.

Oor die outeur:
Julia Donaldson het al meer as 40 boeke en toneelstukke vir kinders en tieners geskryf. Haar bekendste werk, The Gruffalo [Die Goorgomgaai], het drie belangrike Britse literêre pryse gewen (die Smarties-prys, die Blue Peter-prys en die Experian “Big Three”-prys). The Gruffalo bly steeds ’n topverkoper wêreldwyd.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R125-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.