Boek: Die Griekwastad-moorde

DieGriekwastad_zps93476ae9

Jacques Steenkamp

Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het.

Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, vol bloed, uit die voertuig gespring en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is.

Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is ’n 16-jarige maande later vir die moorde in hegtenis geneem. Dit het ’n proses aan die gang gesit wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel.

Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges, asook familie en vriende van die oorledenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het.

Dit sluit ook die uitspraak en skakels na ʼn mikrowebtuiste met die jongste inligting oor die vonnisoplegging in.

Oor die outeur:
Jacques Steenkamp dek reeds meer as ses jaar lank stories regoor Suid-Afrika soos die nuus ontvou. In hierdie tyd het hy verslag gedoen oor honderde moorde en etlike hofsake. Hy word beskou as een van die land se beste verslaggewers oor harde nuus en het oor die jare heen al verskeie pryse vir joernalistiek ontvang. Hy het die Griekwastad-moorde van die begin af gedek en het met behulp van sy kontakte en bronne die waarheid agter hierdie grusame saak ondersoek en ontbloot. Hy het die diens van Media24 onlangs verlaat vir ʼn pos by die SAUK as radioverslaggewer.

Uitgewer: Zebra Press
Prys: R190-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anna mare van Wyk ·

Een van die beste boeke wat ek in n lang tyd gelees het
Ek Lees baie boi boeke en hierdie boek van Jacques Steenkamp is definitely nie n “storie boek” skrywe nie. Dis feite en sy skryf styl is uitstekend.. Kan die boek beslis aan beveel. Het my geboei tot die einde. Uitstekende werk Jacques.

Johann Hills ·

Werklik ‘n aangrypende boek deur Jacques Steenkamp. Die leser word deel van die hele intrige en ‘n moet leesboek wat menige boekwurms sal verras.

Rosa van der Merwe ·

Baie geluk aan Jacques met n puik boek. 1 van di beste wat et nog gelees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.