Boek: Die groot aanhalingsboek

“Die woord is oneindig magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid gebruik, is magtiger as konings,” het Jeremias Gotthelf gesê.

Die groot aanhalingsboek is ʼn onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd en dit bevat meer as 3 000 aanhalings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe vir die leser met ʼn Christelike lewensbeskouing.

Onderwerpe sluit van aanbidding tot ywer in, en daar is ook spesiale woorde vir spesiale geleenthede soos verjaardae. Daar is woorde vir motivering en inspirasie, troos en bemoediging, vir spesiale vriende, ʼn geliefde of vir ʼn romantiese geleentheid, aanmoediging vir enige groot onderneming of lewenstaak, vrolike heildronke vir feestelike dae en spreuke uit verskillende lande. Die skrifgedeeltes vir naslaan vir noodsituasies verskaf troos uit God se Woord op die regte tyd.

Uitgewer: Lux Verbi Uitgewers
Prys: R210,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.