Boek: Die groot Afrikaanse heldeboek

Die-groot-Afr-heldeboek-voorblad-HERDRUKPieter W. Grobbelaar

Hierdie bekende kultuurhistorikus se heldeboek bevat gunstelingverhale oor onder andere bekende helde soos Racheltjie de Beer, Shaka, Dirkie Uys, Wolraad Woltemade en Klara Majola.

Dit is ’n hele paar jaar dat Grobbelaar al skrywende met die mense van sy land die heldepad loop – al die mense van sy land, omdat hy met opset nie net die heldedade van sy volk beskryf nie. Hy het helde en heldedade op verskillende maniere benader: soms van buite, soms van binne, soms deur die oë van ’n buitestander.

Oor die outeur

Grobbelaar is die outeur van meer as tweehonderd boeke. Hy woon in Wellington.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R225.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben ·

Racheltjie de Beer ? Lees oor Marais se besoek aan Amerika en die storietjie wat hy saam gebring het.

Piet Snot ·

Klink my na ‘n uitstekende idee.
Net die ding vir ‘n laaitie.

Pappa Beer ·

Ja-nee wat, Asjas en vermeende, ek hou maar by my klein twakkies se spider-man comics! Minstens wen die held altyd, en hy word nie jare later beskryf as n blanke-apartheids-gesinde wit onderdrukker nie. In daai comics was n kommunis nog n slegte ding, nou is dit die algemene “modus operandi”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.