Boek: Die groot geheim

Melody Carlson

Vier meisies word onwaarskynlike vriende om saam te staan teen boelies en hulle omgewing te verfraai.

Morgan, Amy, Carlie en Emily is vier meisies wat dalk nooit vriende sou gewees het nie as hulle nie deur omstandighede bymekaargebring is nie. Die groot geheim bestaan uit twee stories oor hierdie meisies se wedervaringe.

In die eerste storie besluit die meisies om saam te staan teen die boelies wat hulle lewe versuur. Hulle kom so goed oor die weg dat hulle sommer ook besluit om hulle omgewing te verfraai.

In die tweede storie gee die opsigter vir die meisies ʼn ou skoolbus as beloning vir hulle harde werk om die woonwapark mooi te maak. Dit lyk na ʼn maklike taak om die bus vir hulle in te rig as klubhuis, tot die meisies op ou plate, stowwerige boeke en ʼn dagboek vol geheime afkom wat hulle laat wonder: Aan wie het die bus behoort? En hoekom het die opsigter dit gehad?

Ook beskikbaar in Engels onder titel Girl Power.

Oor die outeur

Melody Carlson het al meer as 200 boeke vir tieners, vroue en kinders geskryf. Voor sy ʼn skrywer geword het, het Melody oor die wêreld heen gereis, in die bediening en as kleuterskool-onderwyseres gewerk, twee seuns grootgemaak en vir ʼn kort rukkie as binnehuisversierder gewerk. Sy voel ware lewensgebeure inspireer die beste fiksie, en die uiteenlopende boeke wat sy al gepubliseer het, is beslis ʼn bewys hiervan.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.