Boek: Die GSR

Die-GSRRoald Dahl

Stel jou voor dat jy binnekort vir ontbyt geëet kan word, soos ’n reep spek in ’n vuurwarm braaipan met sissende vet gegooi kan word. Dit is presies wat Sophie vrees toe sy in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra word deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore.

Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag klein slapsoetige kidderen opgopsel. Sophie is vasbeslote om dié gruwelike gedrag stop te sit. So kom dit dat sy en die GSR ’n briljante plan bedink om die wêreld eens en vir altyd te verlos van troggelstampende, bloedskommelende reuse …

Oor die outeur

Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Sy spitsvondige styl en aweregse stories is na meer as dertig jaar steeds topverkopers. Van sy bekendste werke sluit in Charlie and the Chocolate Factory, Matilda en James and the Giant Peach.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R155.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.