Boek: Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte

Die-heel-mooiste-Afrikaanse-liefdesgedigte_webFanie Olivier

Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte is ’n versamelbundel van die gewildste en bekendste liefdesgedigte in Afrikaans. Die bundel volg op Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte wat oorspronklik in 1986 verskyn het en in 1992, 2001 en 2010 bygewerk en heruitgegee is.

Hierdie bundel word weereens saamgestel deur digter Fanie Olivier en is opnuut bygewerk. Die bundel bevat nie slegs gedigte uit die kanon nie, maar nou ook verse wat sedert 2010 verskyn het. Die digters in Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte sluit in: Boerneef, N.P. Van Wyk Louw, D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Lina Spies, Wilma Stockenström, T.T. Cloete, Daniel Hugo en Philip de Vos.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.