Boek: Die held en die vuurvliegie

Die-Held-en-die-Vuurvliegie.jpgTara McClary Reeves, Amanda Jenkins en Daniel Fernández

Oliver is ’n dapper held in die dag, maar hy is vreesbevange vir die donker nag. Dit verander egter wanneer ’n wyse vuurvliegie hom help verstaan dat God se Woord ons lig is.

In Die held en die vuurvliegie sluit kinders by Oliver aan op sy avontuur. Oliver word deur ’n engel beskerm, moet giftige slange trotseer en ry selfs op die rug van ’n vreesaanjaende leeu. Deur dit alles, leer Oliver dat God altyd sy kinders beskerm en hulle nooit alleen laat nie, selfs nie in die donker nie.

Ouers kan hulle kinders se geestelike groei tot die volgende vlak neem danksy die vrae en aktiwiteit agter in die boek. Die prettige boekie wat gegrond is op Psalm 91 help kinders om Bybelse riglyne in hul lewe tuis te bring.

Oor die outeur:

Tara McClary Reeves vind elke dag vreugde in die roeping om haar drie kinders na Jesus toe te lei. Sy bid dat hierdie boek ouers sal toerus om hulle kinders te help om op die Here te vertrou.

Amanda Jenkins se passie is om Bybelse waarhede aan kinders oor te dra op ’n manier waarmee hulle kan vereenselwig. Sy is die skoondogter van die New York Times-topverkoper-outeur Jerry B. Jenkins, skepper van die Left Behind-reeks.

Daniel Fernández is gebore in Santiago de Chile en woon in Duitsland vandat hy 5 jaar oud is. Hy het al meer as 30 boeke gepubliseer en het al pryse gewen vir kreatiwiteit en kuns.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R49.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.