Boek: Die helder dae

die helder dae

Danie Botha

Vir alle mense word dit soms nag vir hulle siele, maar dan volg daar weer ’n dag wat helder is. Dink net watter vorme ’n helder dag kan aanneem, hoe wonderlik dit kan wees! Hoe jy dit later onthou asof dit gister gebeur het.

Danie Botha versamel hier sy kortverhale, rubrieke, artikels en gedigte waarin hy sulke dae in sy lewe so helder moontlik probeer oproep. Die helderheid ontstaan onder meer met die gebruik van erns, sensitiwiteit én humor. Hy illustreer hoe hy uit benoudheid na vreugde beweeg. Die drie afdelings (jeugjare; professionele lewe; godsdienstige rubrieke) vorm ’n outobiografie in die kleine van dié man van die uitgewerswese, radio en teater.

’n Keurder vind die werk “eerlik, openhartig en spitsvondig” en verwag dat lesers wat belangstel in die Afrikaanse letterkunde en teater, op watter vlak ook al, dit insiggewend en onderhoudend sal vind.

Oor die outeur:
Danie Botha is op 28 Februarie 1947 naby De Doorns gebore. Van 1 Julie 1972 tot April 2000 is hy uitgewersredakteur by Tafelberg-Uitgewers. Tans vryskut hy. Van 2004 tot 2013 is hy mede-aanbieder van die kultuurprogram “Kaapse Dagboek” by Fine Music Radio. Hy was lank ‘n lid van die beoordelaarspaneel vir die Fleur du Cap-toneelpryse. Van 1968 tot 2008 resenseer hy toneel vir Die Burger; tans vir die webwerf van die Masque-teater in Muizenberg en vir LitNet. Hy lewer ook boekbesprekings en huldigingsartikels vir Media24. In die laat negentigerjare is hy rubriekskrywer vir (Die) Kerkbode. In November 2012 ontvang hy ‘n ATKV-oorkonde vir sy bevordering van Afrikaans in die uitgewerswese en die teater.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R190-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.