Boek: Die hond wat ophou blaf het

Jo Nel

“Die naald sink tussen haar oe in en buig. Die blink tandartsspuit van vlekvrye staal tref die skedel hard. Bloed. Sy hand lig weer op…”

Izak Hugo is ‘n gefrustreerde tandarts van Port Elizabeth. Hy haat sy werk en smag na ‘n meer vervullende lewe. Snags word hy deur gewelddadige drome geteister. Soos sy onvergenoegdheid opbou, begin hy sporadiese oomblikke van geheueverlies beleef.

Wanneer hy ná so ‘n episode sy vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek, begin hy sy greep op die werklikheid en homself verloor. Sake vererger wanneer ‘n jong bendelid vermoor word en die bende vermoed dat lzak die skuldige is. lzak besluit om Transkei toe te vlug, maar die bloedspoor volg hom.

‘n Kaalvuis sielkundige riller deur ‘n opwindende nuwe skrywer. ‘n Geveg tot die dood toe tussen goed en kwaad, maar die rolverdeling is net so onseker soos die uitslag.

Oor die outeur

Jo Nel is op Swellendam gebore en het op Mosselbaai grootgeword. As tandarts het hy onder meer in Port Elizabeth en die voormalige Transkei gepraktiseer. Hy het ook vir ʼn jaar in Suid-Korea gaan skoolhou. Hy woon tans op Mosselbaai.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.