Boek: Die jaar toe Emma begin kook het

Die jaar toe Emma begin kook het

Ilse de Korte

Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar ná die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met ’n mes mis.

Haar reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op dié kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte . . .

Net toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en ’n sukses van haar nuwe werk maak?

Oor die outeur:
Ilse de Korte het drama en tale aan die Universiteit van Kaapstad studeer en navorsing vir haar PhD oor mite en ideologie in Nederland gedoen. As dosent gee sy klas by die Universiteit Adam Miskiewicz in Pole, die filmskool AFDA en Unisa. In 2013 publiseer De Korte ‘n Afrikaanse verwerking van die Kama Sutra, getiteld Afrikamasutra (Unisa Press). Die jaar toe Emma begin kook het is haar chick-litdebuut.

Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R185-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.