Boek: Die Keiservoël oor Namaland

die_keiservolKoos Marais

In 1939 het die grootste tragedie van die twintigste eeu, Duitsland se Jodeslagting, begin. Die waarheid is dat die saad vir Ausschwitz, Buchenwald en Dachau se strafkampe en menseslagtings reeds drie-en-dertig jaar tevore gestort is op die koue rotse van ‘n klein eilandjie in die hawe van Lüderitz in die suide van Namaland, Duits-Suidwes-Afrika, nou Namibië.”

In 1906, terwyl die Namas teen die Duitse Schutztruppe ver, arriveer die Luchtensteins, ‘n immigrante-gesin, in Lüderitzbucht se hawe. Hulle vertrek per ossewa na ʼn nuwe tuiste, 300 km die binneland in. Voor wag die warm, bedrieglike sand van die Namibwoestyn; die dors, hitte, koue, woedende wind, wildediere en die vyand.

ʼn Namakommando gelei deur Cornelius Fredericks, skoonseun van Hendrik Witbooi, oorval hulle, maar Cornelius laat hulle veilig wegkom, net om self in die hande van sy teenstanders te val. ʼn Band ontstaan tussen die jong Ernst Luchtenstein en die gevange Namakaptein, Cornelius Fredericks.

Alhoewel talle onwaarskynlikhede oral in hierdie verhaal soos geraamtes in die Namib begrawe lê, is die ironie dat dit alles ligvoets op feitelike gebeurtenisse – vreemder as fiksie – geskoei is.” ~ Koos Marais

Oor die outeur:
Koos Marais is ʼn ambassadeur van Afrikaans.com. Wanneer Koos Marais se vingers oor die rekenaar se toetsbord begin kletter soos reën op ’n sinkdak, of wanneer hy ’n mooi toneel op sy kamera se geheuekaart vaslê om met ander te deel, voel dit asof hy waarlik lewe. Koos praktiseer die afgelope 37 jaar as tandarts in Pretoria, maar dis bloot een van vele talente. Reeds as student het hy ekstra geld verdien met artikels en foto’s wat in die koerant Hoofstad gepubliseer is. Hy is ook die stigter en eerste redakteur van die jagtydskrif, SA Jagter. Koos, wat in 1973 aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer het, is ook ’n deeltydse akademikus wat aan die Universiteit van Pretoria en by Wits klas gegee het. Hy het God se Skepping hartstogtelik lief en droom nog van vele reise na die ongerepte natuur van ons buurlande. Koos en sy vrou Ingrid het ’n seun, dogter en skoondogter.

Uitgewer: Cordis Trust Publikasies
Prys: R375-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Okkie ·

Dit is vir my vreemd dat daar na Auschwitz as die ‘grootste’ tragedie van die 20ste verwys word. Watter maatstaf word gebruik, want 6 miljoen teenoor die 70 miljoen wat Mao byvoorbeeld in sy eie land afgemaai het, moet seker nie vergeet word nie. My voorstel is nie om die ‘titel’ van die een na die ander oor te dra nie, om liefs sulke uitsprake te vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.