In Bloedvreemd (2015) vertel Juliana Coetzer hoe haar dogter Anneke op sewejarige ouderdom ’n virus opgedoen het wat haar brein aangetas het, en sy geleidelik verstandelik begin agteruitgaan het. Die werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar ná die boek vra mense steeds wat van hulle geword het. Is Anneke oukei? Hoe maak ’n mens met die voortdurende verlies en agteruitgang?
Coetzer, ’n terapeut, vertel met ‘n skreiend eerlike stem oor die verdere reis met Anneke, wat nou al in haar vroeg dertigs is. Anneke kan al hoe minder praat, al hoe minder verstaan en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Sover Coetzer en haar eggenoot, Fanus, daartoe in staat is, probeer hulle om Anneke in ’n wêreld met erbarming en begrip te omhul. Maar elke dag (en nag) bring sy eie, eindelose uitdagings.
Die kind se naam is Anneke is aangrypende leesstof vir enigiemand wat al pyn of verlies ervaar het. Of jy ’n kind het of nie. En of jy Bloedvreemd gelees het al dan nie.
Prys: R275,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers