Boek: Die klein boekies met baie inligting

Fanie Viljoen

Het jy geweet muskiete is van die dodelikste wesens op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie?

Leer meer fantastiese feite oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte. Verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet.

Dié splinternuwe reeks deur die geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke. Een bevat fantastiese feite, die tweede boek deel allerlei gruwelike geheime en onopgeloste raaisels, ’n derde boek vertel oor katastrofiese kattekwaad en lekker poetse, en die vierde een bevat reuserekords van alle soorte.

Genre: Niefiksie
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R40,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Woef ·

Werklik, wat gaan ons die arme kinders nog leer? Altyd gewonder of hulle verkeerd was in mediese skool toe ons die vinger spiertjies se name moes leer ken. Hoe dink hulle buig mens die vingers as daar geen spiere is nie? Van muskiete weet ek nie veel nie, maar radioaktiewe piesangs?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.