Boek: Die klein heksie

Die-klein-heksie-voorbladOtfried Preussler

Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te neem. Nou ja toe, as sy dan nou nie oud genoeg is nie, wil sy ten minste goed genoeg wees! Die hoofheks bied aan dat as sy binne die volgende jaar s’n goeie heks is, sy aan die volgende fees kan deelneem. Maar het sy dalk die instruksie verkeerd verstaan?

Oor die outeur

Otfried Preussler is ’n baie bekende en geliefde kinderboekskrywer in Duitsland. Sy boeke is reeds in 55 tale vertaal en meer as 50 miljoen eksemplare is wêreldwyd verkoop. Hy is in 1972 bekroon met die Duitse Jugendliteratur-prys vir Krabat. Sy bekendste werke sluit in Krabat en Die rower Hotsenplots. Hy is in 2013 op 90-jarige ouderdom oorlede.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R185.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peter ·

Die boeke is werklik pragtig! Geniet elke oomblik se lees. Word aanbeveel vir jonk en oud!

Karin van Staden ·

Ek is jammer, die boek wat julle adverteer die klein heksie sem ek nie mee saam nie. Heksie om van ‘n slegte plek af die help nie mens praat dit mooi nie, Daar is niks mooi van enige heks nie. Ek sal ook bly wees as julle nie sulke boeke adverteer nie.
Mag julle ‘n geseende dag he.

SNEL ·

Karin, dit was nogal my gedagte ook. As die Here nie hekse goedpraat nie, gaan ek ook nie, en ja, enige verhaal het goed en sleg in hom, maar om sleg goed te noem; nooit. Mens moet ook seker besef dat in die laaste dae mens net meer teenkanting gaan kry as mens streng volgens God se Woord wil lewe en nie gelyk wil word met die wêreld nie. Laat ons vasstaan in wat ons glo.

Jack Kruger ·

Daar is mense in die wêreld wat kan dink en nie bang word vir sprokies nie. Ons weet ook hoe om ons kinders vir die wêreld voor te berei en om nie bang te wees vir elke sonde onder elke klip nie. Lees bietjie Karin, daar is ander boeke as die bybel. Miskien sal jy die lewe meer geniet. Maroela, moet julle asseblief nie steur aan die tipe lesersensuur nie.

Dawie ·

So Karin, jy verwag dat ons wat nie ‘n duiwel agter elke bos sien nie en die wat nie eers in een glo nie deur jou gesensuur moet word. Laat almal toe om hulle eie goeie oordeel te gebruik. Dit is wat die wêreld interessant maak en navorsing laat vooruitgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.