Boek: Die koning

die-koningDick Bruna

‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees.

Die klein koning woon in ‘n mooi paleis, maar het niemand om mee te speel nie. Hy word verlief op Rosie, die dogter van die tuinier. Maar omdat sy nie ‘n kroon dra nie, mag hy nie met haar trou nie. Die klein koning kry ‘n goeie oplossing: Hy haal net sy eie kroon af!

Oor die outeur

Dick Bruna is ‘n Nederlandse skrywer, kunstenaar, illustreerder en grafiese ontwerper. Hy is die bekendste vir sy kinderboeke wat hy geskryf en geïllustreer het. Hy het al meer as 200 boekies agter sy naam. Sy boeke is verskriklik bekend en gewild in Nederland.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.