Boek: ‘Die kroniek van die wolkperde – Bewakers van towerkuns’

Chris Riddell

Ontmoet die bewakers van die towerkuns: Zam, Febe en Batseba is drie kinders wat nog nie weet oor hoeveel towerkrag hulle beskik nie. In ʼn plek waar sprokies hulle nie gedra nie span die vyande van towerkuns saam om dit te vernietig. Tensy die drie dapper bewakers terugveg en in die onmoontlike glo, gaan towerkuns en die geheimsinnige wolkperde binnekort verdwyn…

Bewakers van towerkuns is die eerste boek in Chris Riddell se opwindende nuwe avontuurreeks. Dit is geskik vir kinders tussen nege en 14 jaar en is deur Kobus Geldenhuys in Afrikaans vertaal.

Oor die skrywer

Chris Riddell is ʼn Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ʼn politieke strokiesprenttekenaar vir The Observer. Hy het drie Kate Greenaway-medaljes en die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke gewen. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het, het drie Nestlé Smarties-pryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as Brittanje se amptelike kinderboekskrywer.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy vertalings van die werk van outeurs soos JK Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.