Boek: Die kuns van katwees

Die-kuns-van-kat-wees-voorblad.jpgOuteur – Fabienne Mounier
Illustreerder – Daniel Hénon

“Kom-kom-kom!” miaau ’n eenoog-afbeenkat. “Ek is die berrroemde Kolonel Klou, hoogleraarrr-professorrr-grootkokkedoorrr van die Landelike Universiteit vir Indrukwekkende Spogkatte! Op die prrrogram vir die week: Maandag, Waagmoed en Aptyt! Dinsdag, Higiëne en Vryheid …” Kolonel Klou is op sy stukke.

Een of ander tyd breek die dag aan waarop alle klein katjies in die wêreld hulle ouerhuise moet verlaat om die kuns van katwees te gaan leer. Dis die lot wat klein Hansie Slim een Sondagmiddag in Desember te beurt val.

’n Skreeusnaakse prenteboek oor al die stoute goed wat klein katjies by L.U.I.S. (Landelike Universiteit vir Indrukwekkende Spogkatte) gaan leer voordat hulle in ’n mens se huis kom woon.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.