Boek: ‘Die land brand en die koning lig ʼn Bell’s’

Susan Fourie

Hierdie boek kon seker nie op ʼn beter tyd verskyn het nie, want die vuur op baie plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier.

Die boek handel dan juis oor gebeure van ʼn anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken.

Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe ʼn geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig.

Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in ʼn tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom.

Wat sê ander skrywers:

  • Fourie se boek is ’n eerlike en opregte bestekopname van ’n vreemde tyd. Sy verwoord baie mense se ervarings van die grendeltyd, sonder pretensie en breedsprakigheid. – Dana Snyman
  • Menslik, genuanseerd, vermaaklik. – Corlia Fourie
  • Raakgevat in ʼn lekker-lees trant. Die perfekte geskenkboek. – Dr. Gerhard Bothma
skrywer-suan-fourie.jpg

Susan Fourie, skrywer van die boek “Die land brand en die koning lig ‘n Bell’s” (Foto: Verskaf)

Meer oor die skrywer:

Om te skryf is vir Fourie tweede natuur. Reeds op hoërskool het sy pryse in ʼn paar nasionale opstelwedstryde gewen. Sy het ʼn BA-graad op Stellenbosch met Afrikaans en Frans as hoofvakke verwerf. Daarna is sy getroud met Koos Fourie – toe ʼn finalejaar teologiestudent. In gemeentes was sy hoofsaaklik by kinderbediening betrokke. As ma van vyf was daar nie veel tyd vir skryf nie. Tog is haar eerste boek in 1981 gepubliseer en haar skryfwerk was hoofsaaklik religieus-opvoedkundige boeke. In 1999 het sy, op versoek van hulle kerk se jeugkommissie, die FXit-reeks vir gebruik in skole en Sondagskole begin opstel. Dit was ʼn jarelange projek, wat sy eers in 2017 voltooi het. Daarna het sy kortverhale begin skryf, wat in tydskrifte soos rooirose, Vrouekeur en Huisgenoot verskyn het.

Normale prys: R285,00 (aflewering ingesluit)*
Spesiale prys gedurende November 2020:  R250,00
Plaas bestelling by [email protected] of skakel 078 648 8616

*Prys onderhewig aan verandering

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae