Boek: Die lang man sonder skaduwee

die lang man sonder skaduweeAntoinette Pienaar

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.

Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my,  haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R260,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannah ·

Hierdie boek se omslag lyk soos ‘n foto wat in Afghanistan geneem kon wees…baie mooi! My wêreld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.