Boek: Die leeu, die heks en die klerekas

Narnia-Die-leeu-die-heks-en-die-klerekasC.S. Lewis

Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by ’n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met dié dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wêreld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nêrens.

Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe ’n groot klerekas staan nie. Dít, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van ’n woud staan.

Dis aand, en daar’s sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwêreld van Narnia beland.

Oor die outeur

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.