Boek: Die leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories

Wendy Maartens

Ontmoet ʼn paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories. Die stories word op ʼn toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak.

  1. Die leeu wat drukkies kon gee

Twee vriende koop ʼn leeuwelpie in ’n afdelingswinkel in Londen, maar kort voor lank word hy ʼn groot maanhaarmannetjie! Hulle besluit om hom in Afrika te hervestig, en jare later steel hy die wêreld se harte.

  1. Salty en die Twin Towers

Op 11 September 2001 het terroriste die Wêreldhandelsentrum in Amerika aangeval. Salty is een van die hondehelde van daardie verskriklike dag.

  1. Humphrey die walvis verdwaal

Toe Humphrey die boggelrugwalvis in ʼn rivier beland, werk ʼn hele span mense saam om hom te red.

  1. ʼn Hond soos Knersus

Knersus is ʼn bielie van ʼn brak – wat op ’n dag twee skelms groot laat skrik het!

  1. ʼn Perd met tekkies

Almal weet gidshonde kan blinde mense help. Maar het jy al van ’n gidsponie gehoor?

  1. O, die liewe Lulu

Lulu die boepensvarkie het ʼn heldin geword – sy het hulp ontbied nadat haar eienaar ’n hartaanval gehad het!

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R115,00*
*Prys onderhewig aan verandering
 Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.