Boek: Die lelike vyf

Julia Donaldson

“Ons vyf is misbaksels, ons voel ons kan ween;
so vaal en misvormd, o, waar moet ons heen?”

Ontmoet die vaal blouwildebees, die giggelende hiëna, die bles aasvoël, die vlakvark met sy vratte en die vuil maraboe: alom bekend as die lelikste diere van die Bosveld… maar is hulle werklik so lelik?

Oor die outeur en illustreerder

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” 2011–2013 en het al meer as 100 boeke vir kinders geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Axel Scheffler is ʼn illustreerder van top internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the flying doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

Ander titels wat in Afrikaans by Protea Boekhuis beskikbaar is: Superwurm (2014), Rower Rot (2014), Kris de Kat (2014), Tjokkie (2014), Zok (2014), Stokman (2014, 2016), Die Stories uit die Eikehout (2016) en Amok op ʼn besemstok (2018). Donaldson en Scheffler is ook die skeppers van die immergewilde Die Goorgomgaai (Human & Rousseau, 2014).

Oor die vertaler

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ʼn IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.