Boek: Die lewe volgens Wim Vermaak

William Oosthuizen

Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graad 9 te dop omdat sy aandag in die LO-klas deur ’n meisie afgetrek word. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van die Mars One-sending sodat sy permanent op dié planeet kan gaan woon. Hul verstrooide ouma val vir ‘n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.

Oor die skrywer

William Oosthuizen praktiseer as prokureur en woon in Kaapstad. Sy debuutroman Die dame met die hondjie is in 2019 deur Naledi uitgegee. Hy was in 2010 naaswenner in die SA Writer’s College se kortverhaalwedstryd en finalis van die 2011 PenAfrica Literêre Toekennings. Oosthuizen se radiodrama Ons gaan huis toe is in 2012 as wenner van die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie aangewys.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: 14 jaar en ouer
Prys: R165,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae