Boek: Die liefdesboek: God se liefde vir ons en ons liefde vir mekaar

Christine Ferreira en Marielle de Vos

God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvou alle aspekte van ons lewe.

Hy nooi ons tot ʼn intieme liefdesverhouding met Hom. Wanneer ons ons hart vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sý lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie. Met dié boek nooi die skrywers jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak.

Oor die skrywers

Christine Ferreira is die redakteur van die vrouetydskrif Lééf. Sy was voorheen ongeveer tien jaar die skoonheidsredakteur by SARIE en tree dikwels as spreker op. Ferreira woon in Johannesburg en is getroud met ʼn pastorale sielkundige.

Marielle de Vos is ʼn pastoor van Randburg. Sy het al wêreldwyd die evangelie verkondig – van Amerika tot Frankryk, Australië en Israel – en oor denominasies heen bedien. De Vos is reeds 37 jaar lank getroud. Sy het twee volwasse kinders en een kleinkind.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R195,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.