Dee Henderson
Shannon Bliss word op die ouderdom van sestien ontvoer. Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie…
Shannon besef haar vryheid beteken nie haar moeilikheid is verby nie en kontak Matthew Dane, ’n privaatspeurder en voormalige polisieman, om haar te help. Die misdaad-familie in wie se kloue Shannon beland het, dink sy is dood, maar as hulle moet uitvindsy leef nog, sal niks hulle keer om haar stil te maak nie.
As geregtigheid moet geskied, en as Shannon weer ’n normale lewe wil lei, moet Matthew presies weet wat met haar gebeur het, ongeag watter geheime oopgekrap gaan word.
Oor die outeur
Dee Henderson is die outeur van verskeie topverkopers, waaronder die hoog aangeskrewe O’Malley-reeks. As ’n toonaangewende skrywer van inspirerende romantiese spanningsverhale is haar boeke al vir verskeie toekennings benoem en met toekennings bekroon, onder andere die Rita Award, die ECPA Gold Medallion, die Holt Medallion, die National Reader’s Choice Award en die Golden Quill. Dee woon in Illinois. Besoek deehenderson.com.
Uitgewer: CUM
Prys: *R199,95
*Prys onderhewig aan verandering