Boek:  Die losprys

Die-Losprys.jpgDee Henderson

In Die losprys word Shannon Bliss op die ouderdom van sestien ontvoer.

Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie …

Shannon besef haar vryheid beteken nie haar moeilikheid is verby nie en kontak Matthew Dane, ’n privaatspeurder en voormalige polisieman, om haar te help. Die misdaad-familie in wie se kloue Shannon beland het, dink sy is dood, maar as hulle moet uitvind sy leef nog, sal niks hulle keer om haar stil te maak nie.

As geregtigheid moet geskied, en as Shannon weer ’n normale lewe wil lei, moet Matthew presies weet wat met haar gebeur het, ongeag watter geheime oopgekrap gaan word.

Oor die outeur

Dee Henderson is die outeur van verskeie topverkopers, waaronder die hoog aangeskrewe O’Malley-reeks. As ’n toonaangewende skrywer van inspirerende romantiese spanningsverhale is haar boeke al vir verskeie toekennings benoem en met toekennings bekroon, onder andere die Rita Award, die ECPA Gold Medallion, die Holt Medallion, die National Reader’s Choice Award en die Golden Quill. Dee woon in Illinois. Besoek deehenderson.com.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R199,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alet ·

Ek is ‘n groot aanhanger van Dee Henderson, maar lees die engelse weergawes omdat dit 1ste beskikbaar is. Het al haar boeke en die een is nes al haar ander ‘n boek vol spanning en intrige. “n moet lees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.