Boek: Die Lucky Strike

Steve Hofmeyr

Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie. Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ʼn wildsplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte. Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element – die element van vrees.

Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ʼn donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook…

Dit is ʼn diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade., want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.

Met Die onaantasbares het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken.

Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ʼn huurkontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.

Oor die outeur

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.

As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ʼn menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ʼn SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ʼn topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R200,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VanAfrika ·

Ek gaan definitief die boek koop om te lees, dit lyk sommer prop vol aksie

charmaine ·

Ek is al deur die helfte van die boek, ek beveel die boek ten hoogste aan. Goeie opvolg van die Onaantasbares en ek moet se Steve se skryfstyl sy gebruik van afrikaanse woorde is op hoogstaande gehalte hy mag maar meer sulke boek vir ons gee. Ons weet hy is baie goed met woorde en praat maar die stories in hierdie boeke het net weereens my bewondering vir op hoer trappie geplaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.