Boek: Die maanblom

Einar Turkowski

Op ʼn eiland in ʼn ou kliphuis woon ʼn man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek ʼn onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand ʼn blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan, maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie… tot een magiese volmaannag.

Oor die outeur

Einar Turkowski is in 1972 in Kiel gebore en bring sy kinderjare in Switserland deur. Ná skool voltooi hy ʼn internskap as toneelontwerper en studeer kuns, kunsopleiding en biologie. Hierna studeer hy illustrasie by die Hochschule für Angewandte Wissenschaften in Hamburg. Met sy afstudeerstuk veroorsaak hy sensasie, en toe dit in 2005 as Es war finster und merkwürdig still by Atlatis-Verlag gepubliseer word, beïndruk dit kenners sowel as kinders. Hierdie debuutwerk besorg vir hom onder andere die Grand Prix van de 21ste Biënnale van Illustrasies in Bratislawa (BIB).

Oor die vertaler

Rentia Bartlett-Möhl is redakteur by Protea Boekhuis en het al verskeie kinderboeke vir Protea uit Duits, Nederlands en Engels in Afrikaans vertaal. Sy was ook verantwoordelik vir die vertaling van ’n reeks citybooks en radioboeke vir die Vlaams-Nederlands kultuurhuis deBuren in Brussel. Sy voltooi haar MA graad in Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch in 2015 met cum laude, met ’n afstudeerskripsie oor die fenomeen van oorlog en die etiek van verslaggewing in die werk van die Nederlandse outeur Arnon Grunberg.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.