Boek: Die meisie op die bus en ander liefdesverhale

Die-meisie-op-die-bus-voorbladDoc Immelman

Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale, en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur. Die humoristiese “Ses dooie bees langs die grensdraad” gaan oor twee verliefdes wat eers die jare lange vyandskap tussen hul vaders, wat ook bure is, moet blus alvorens hulle kan afhaak. “Tussenspel op Etosha” vertel die storie van ’n veldwagter wat graag die senator se dogter wil beïndruk. Maar dan stel die parkhoof hom lelik in die verleentheid om die kampvuur met allerhande stories oor hom…

Oor die outeur

Meer as 40 boeke het uit die meesterverteller Doc Immelman (1928–2013) se pen verskyn. Sy liefde vir die natuur en mensekennis vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by gevestigde aanhangers van sy boeke sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.