Boek: Die mooiste Storiebybel

 Mooiste-Storiebybel.jpgDiane Stortz

Hondjies en katjies. Blomme en hartjies. Soentjies en drukkies. Die mooie wêreld van ʼn klein dogtertjie! God wil hê sy moet weet Hy het hierdie wêreld, vol van Sy liefde, vir haar gegee.

Die mooiste Storiebybel sluit 40 spesiale Bybelstories in, wat elke dogtertjie sal wys hoe lief God vir haar en Sy ander kinders is.

ʼn Kosbare gedagte om oor te dink (ʼn samevattende sinnetjie) en Kosbare woorde (maklike Bybelverse) om te memoriseer, word by elke storie bygewerk om God se Woord met die dogtertjie se lewe te verbind.

Die 20 Ou-Testamentiese stories en 20 Nuwe-Testamentiese stories in Die mooiste Storiebybel sal klein dogtertjies help om te sien hoe wonderlik God se liefde vir haar en al Sy ander kinders werklik is.

Oor die outeur:

Diane Stortz skryf vir kinders en volwassenes. Sy het al meer as 50 boeke vir jong kinders geskryf wat rympie-boeke, kartonboekies en opvoedkundige woord- en tel-boekies insluit. Diane en haar man woon in Cincinnati, Ohio en het twee getroude dogters. Diane geniet dit om te gaan stap, in die tuin te werk en by haar vier kleinseuns te kuier.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R199,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.