Boek: die na-dood

die-na-doodBreyten Breytenbach

In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige én aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook ná die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk.

Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesêbare op te roep (“daar jou taak, leesskrywer, kyk:/ om die niet se oopgaanwond/ stekie vir stekie met woorde /toe te werk.”). Tegelykertyd bied dié laatwerk ’n troos teen die dood wat wag, vir die digter én leser. Onthou word “’n bevrugting van die verlede”, en skryf uiteindelik “diep bevredigend/ om die laaste duisternis in jou asem te mag mond in Afrikaans”.

Oor die outeur

Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ’n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek: Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae