Boek: Die nag ruik na spoed

Schalk Schoombie

Wetenskapfiksie word as ’n betreklike nuwe genre in die Afrikaanse letterkunde beskou. Die stories in Die nag ruik na spoed is uiteenlopend, maar deur elkeen loop die silwer draad van fantasie en wetenskap.

Uiteindelik gaan dit oor die karakters en Schoombie se kookwater-verteltrant. Hier is ’n bedrewe skrywer met ’n verstommende verbeelding aan die woord. Maak jouself gereed vir ’n goeie dosis innovering, spanning en ʼn paar verrassingselemente.

Oor die skrywer

Schalk Schoombie is in Pretoria gebore en het in Barberton en Kemptonpark grootgeword. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer en die graad met lof geslaag. Hy het in 1979 as finalejaarstudent die Ludwig Binge-toekenning vir sy toneelspel ontvang. Na sy studies het hy as akteur by die destydse streeksrade KRUIK en Truk gewerk. ’n Paar jaar later het Schoombie ’n voltydse loopbaan in die joernalistiek begin en slegs as vryskutakteur opgetree.

Genre: Kortverhale
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.