Boek: Die onderonsie

Claude Boujon

’n Bruin haas en ’n grys haas bly langs mekaar in ’n veld. Aanvanklik kom meneer De Bruin en meneer Le Grys goed oor die weg, maar kort voor lank kry dié twee stry.

Die onderonsie loop uit op ’n vuisgeveg en terwyl hulle vuisslaan, bekruip ’n honger jakkals hulle en die twee moet hul stryery laat staan en saamwerk om te ontsnap.

Oor die outeur

Claude Boujon was ’n Franse outeur, illustreerder en kunstenaar. Die boeke wat hy geskryf en geïllustreer het, vertoon sy werk as ’n visuele kunstenaar en sy ondervinding met ’n jong gehoor. Die Bernard Versele-prys is in 2003 aan hom toegeken. Boujon se stories is vol menslikheid en empatie. Hy is in 1995 dood.

Oor die vertaler

Amelia de Vaal het ’n meestersgraad in Afrikaans met spesialisering in joernalistiek en vrouestudies aan die Universiteit van Pretoria behaal. Met kennis van Engels, Nederlands, Duits en Frans het sy ’n wye letterkundige belangstellingsveld, maar haar gunstelinggenre as vertaler is fiksie en niefiksie vir kinders en jong tieners.

De Vaal se Afrikaanse vertaling van Wil Huygen en Rien Poortvliet se Het leven en werken van kabouters en Oproep van de kabouters (2010) is in 2012 met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Elsabé Steenberg-prys vir vertaalde kinderliteratuur bekroon. Sy woon saam met haar man, twee dogtertjies en ’n Jack Russell-terriër in Portland, Oregon.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Drie tot agt jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.