Boek: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Charl-Pierre Naudé

Op ʼn dag in die vroeë sewentigs bemerk ʼn afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ʼn gebou in hul midde waar voorheen net ’n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . .

Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ʼn paartjie wie se lewenspaaie net vir ʼn paar sekondes gekruis het.

Oor die outeur

Charl-Pierre Naudé is op 27 Augustus 1958 in Kokstad gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Grens in Oos-Londen. Charl-Pierre verwerf ʼn honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Ná sy studies het hy as joernalis gewerk en onder meer resensies en artikels vir Vrye Weekblad gelewer. Sy eerste bundel, Die nomadiese oomblik, verskyn in 1995 by Tafelberg, en word in 1997 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Charl-Pierre se tweede bundel, In die geheim van die dag, ontvang in 2005 die M-Net-prys vir Afrikaanse poësie en die Proteaprys vir poësie.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R330,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.