Boek: ‘Die onsigbare pou’ – Zirk van den Berg

In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel…

Hy leef daadkragtig, vra nie verskoning vir wat hy doen of wie hy is nie. Hy lê sy diepste gedagtes, sy teerste gevoelens bloot, deins nie terug vir kritiek nie. Want hy weet hy is nie die enigste wat hierdie dinge dink of voel nie; hy is die een wat die dinge wys wat ander mense wegsteek. Hy raak ons kampvegter, ons ideale self, ons gewete. En dan raak hy vergete.

Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ʼn plakboek van woorde: Van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ʼn einde kom.

Die onsigbare pou is ʼn verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.

Oor die skrywer  

Van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met die kortverhaalbundel Ekstra dun vir meer gevoel en daarna ʼn roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans en Engels. Sy roman Ek wens, ek wens is met die WA Hofmeyr-prys asook twee KykNET-Rapportpryse bekroon.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.