Boek: Die ontelbare 48

Wessel Pretorius

Dis Woensdagaand op ’n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Altesaam 48 dorpenaars kom bymekaar, elkeen met sy eie storie, om na The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan.

Die ontelbare 48 is ʼn solostuk uit die pen van Wessel Pretorius. Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ’n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.

Dié dramateks is nou deur Protea uitgegee.

Oor die outeur

Wessel Pretorius het in 2015 die Afrikaans Onbeperk-prys vir ’n jong stem gewen. Hy het ook vier Fiësta-toekennings en die Woordtrofee vir beste dramaproduksie vir sy solostuk Ont- ontvangOnt- is later deur Hennie van Greunen vertaal as Undone en het getoer na die Fringe-fees in Edinburg, Afrovibes in Nederland, die Wiener Festwochen in Wene en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad waar dit die Standard Bank Ovation (goud) gekry het. Pretorius het ook die teaterstukke Waterpas, wat ʼn Kanna-toekenning vir beste komedie ontvang het, Die dag is bros, wat vyf Fiësta-benoemings en die ATKV-Woordveertjie vir beste drama gewen het, Sandton City Grootdoop, Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie, I Love You Sally Field (and other stories) en Renaissance geskryf.

Die dag is bros/Sandton City Grootdoop het in 2017 by Protea verskyn.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.