Boek: Die ontwaking

die ontwaking

Chris Karsten

Die ontwaking is ’n spesiale uitgawe van filmweergawe van Karsten se Abel se ontwaking.

Abel bly op ’n burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom ’n nuwe gesig uitsoek: dié van ’n mooi jong vrou.

Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, behalwe vir ’n vreemde wond op die skouer.

Volg Die ontwaking se Facebook-blad vir foto’s en nuus oor die fliek. Rolverdeling: Gys de Villiers as Abel Lotz, Juanita de Villiers as Ella Neser, Paul Eilers as Silas Sauls. Vervaardiger en regisseur: Johnny Breedt. Afrikaans met Engelse onderskrifte.

Oor die outeur:
Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking. ‘n Man van min belang (2013) was naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Karsten is ‘n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van kinderboeke, sowel as ‘n Ware misdaad-reeks. Hy woon deesdae in Kanada saam met sy vrou en sy seun.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R240-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop Chris Karsten se “Die ontwaking” by Graffiti Books
(Ook beskikbaar as ‘n e-boek)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.