Boek: Die ooreenkoms

die_ooreenkomsdeur Sophia Kapp

Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deeI van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ‘n onopvallende sanger in ‘n grot van ‘n kroeg iewers op die Kaapse suidkus is pole van mekaar verwyder, maar na ‘n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.

‘n wantrouige skoonfamilie, twee onmoontlike tieners, ‘n giftige eksmeisie, en veral die bagasie van die verlede.

Gaan die houe wat die lewe uitgedeel het hulle in die jaar wat hulle sa am is heeltemal uitmekaar dryf, of kan hulle juis in mekaar die maat vind wat hulle volledig mens sal maak?

Elize Parker verwoord lesers se kommentaar op Sophia se werk só: “Sophia skryf warm, emosionele liefdesromans met geloofwaardige heldinne met wie elke vrou kan identifiseer. Goedvoelromans op hul beste.”

Oor die Outeur:
Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees – liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak. Hier is geen maklike oplossings en versuikerde oomblikke wat deur sagte filters geskiet word nie. Daarom plaas sy haar heldinne binne realistiese, lewensgetroue situasies en laat sy hulle spook met geloofwaardige krisisse waardeur vroue dwarsoor die wêreld en die sosiale spektrum moet worstel: verraad, verlies, egskeiding, affairs, miskrame, middelmisbruik, moeilike tieners, bagasie van vorige verhoudings… Maar vir elke held in wat bereid is om hierdie krisisse aan te pak en te oorkom, is daar ‘n held, ‘n man wat by haar pas en haar waardig is ; iemand saam met wie sy binne ‘n vervullende verhouding geborgenheid vind. En saam met haar op haar reis is daar haar susters – bloedsusters en hartsusters – wat haar optel as sy val, wat haar dra as sy moeg word en wat saam met haar dans as sy feesvier.

Die erflating is in 2008 met die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans bekroon en Huis van die wind in 2012. Sophia was ook twee agtereenvolgende jaar die wenner van die Rapport-prys vir die mees inspirerende dosent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die NWU.

Sy het ‘n MA in tale aan die destydse UOVS behaal en het aanvanklik ‘n akademiese loopbaan gevolg, maar sy was intussen al alles, van ‘n barista tot ‘n boekhouer in ‘n bank. Tans is sy, benewens ‘n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy woon saam met haar man, kind en drie bedorwe honde in Centurion.

Uitgewer:  LAPA Uitgewers
Prys: R214-95*
*prys onderhewig aan verandering

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.