Boek:  Die oorlogskamer

Die-Oorlogskamer.jpgChris Fabry

Dit lyk asof Tony en Elizabeth Jordan alles het – ʼn gerieflike huis, ʼn pragtige dogter en loopbane wat blom, maar hulle is heeltyd aan die stry.

Elizabeth ontmoet Clara Williams met die hoop om nog ʼn huis as eiendomsagent te verkoop. Elizabeth is egter geamuseerd en ongemaklik wanneer dié bejaarde weduwee vrae begin vra oor haar huwelik en geloof. Dan ontdek Elizabeth Clara se geheime gebedskamer – ʼn plek waar sy op haar knieë baklei met die kragtigste wapen …

Soos die spanning by hulle huis toeneem, besef Elizabeth haar gesin is die moeite werd om voor te veg en dat sy nie hierdie stryd op haar eie kan wen nie. Om in blinde geloof tot God te bly bid vir haar gesin en hulle toekoms, is die enigste uitweg.

Die oorlogskamer is gebaseer op die fliek War Room deur Alex en Stephen Kendrick (die twee vervaardigers van die topverkoper-flieks Fireproof en Courageous). Hierdie roman bevat ook besprekingsvrae en kleurfoto’s uit die fliek.

Oor die outeur:

Chris Fabry is ʼn bekroonde skrywer en radiopersoonlikheid. Chris se romans het gesorg vir drie Christy Awards, ʼn ECPA Christian Book Award en Christianity Today se Book Award of Merit. Hy het in 1982 gegradueer aan W. Page Pitt School of Journalism by Marshall University. Chris kom oorspronklik van Wes-Virginië en bly nou saam met sy vrou, Andrea, in Arizona. Hulle het nege kinders.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R209,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.